Geloof

Vandag in gesprek gewees met ‘n wyse  man, oom Henk en ons het gedagtes uitgeruil oor geloof. Hy maak toe die opmerking dat die “rede” grense het, maar dat geloof grensloos is.

Die rede is die wetenskap, die kwantum teorie,die filosofie, die antropologie ens, wat alles wil verklaar. Van die modern mens tot die oeroue selletjie wat begin verdeel het. Daar word in sirkels gepraat wat eindig teen ‘n muur van die onbekende. Maar die geloof het nie grense nie. Die geloof is soos ‘n motorkar sonder remme….dit het nie einde nie.

Wat is geloof? Ja, ek weet die Bybelse beginsel is dat geloof is om te glo dit wat jy nie sien nie. Klink so mooi, maar wat beteken dit in praktyk?

Vir my is die boer die versinnebeeld wat geloof is. Laat ek verduidelik. Daardie boer begin die nuwe plant seisoen deur morge en morge grond om te ploeg, duisende rande se kunsmis in te werk, nog duurder mieliessaad aan te koop en dit te plant…….met geen waarborg, nie die kleinste moontlike waarborg dat dit sal kom reen nie. Blindelingse vertroue en geloof dat dit sal kom reen. Genoeg reen. Reen op die regte tyd.

Het ek daardie geloof? Nee, beslis nie. Daarom het ek die Here so nodig in my lewe, want sonder Hom is ek niks en tot niks instaat. Maar met my Here spring ek oor ‘n muur en is die moontlikhede grensloos.

Emile Zatopek het in die Olimpiese Spele van ?1956 /1960 in die pylvak afgehardloop en begin moeg raak en hy bid toe: Lord is you pick them up, I will put them down. So wen hy toe die 5000m wedloop.

Here, my gebed is vanaand: Gee my die geloof wat U dink ek nodig het. Nie te min, want dan kan ek my geloof verloor. Nie te veel nie, want dan maak dit my arrogant. Ja Here, net dit wat U vir my nodig ag. Amen

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s